Alan Watts

'Kundige op teologiese gebied en Sielkundige

Plasing Hennie on September 18, 2016

Denke oor denke

Bespreking van al die probleme wat te doen het met die beheer van die denke en dit word dan bekend gestel van verskillende oogpunte af.

Hoe volg die mens die wil van God wanneer die mens se wil versteurd is?

Leraars sê jy kan hierdie dinge nie doen sonder heilige genade en die krag om die wil van God te volg nie.

Hoe dan kry jy genade en waarom is God genadig teenoor sommige en nie teenoor ander nie?

As ek nie die wil van God kan volg deur my eie krag nie, want my wil is selfsugtig Hoe kan ek dan my wil wat selfsugtig is verander na 'n wil wat onselfsugtig is?

As ek dit nie kan regkry nie omdat ek selfsugtig is, dan moet genade dit doen. As genade dit nog nie gedoen het nie, dan is die vraag , waarom nie?

Is dit omdat ek dit nie aanvaar het nie, maar deur definisie het ek mos nie die krag om self dit te aanvaar nie, omdat my wil selfsugtig is.

Moet ek dan soos die Calivinste glo,dat slegs die wat vooruit uitverkore is om die wil van God te doen, sal 'n goeie lewe he.

Dan kom ons terug na die posisie , dat mense wat sondige lewens lei, nie genade kan ontvang nie want aangesien hulle nie vooruit geordineer is daarvoor deur God nie. Dan moet God homself verantwoordelik wees vir hul sondige dade.

As ek dit in die taal van die oosterse gelowe plaas dan sal dit soos die volgende klink:Budda se dan dat wysheid slegs kom van die opgee van selfsugtigheid or begeertes. Die een wat sy begeertes opgee bereik dan Nirvana wat beteken (Supreme Peace) die hoogste vlak van vrede en vryheid. Nirvana in Sanskrit beteken "om uit te blaas" dit is om jou asem uit te blaas. Die teenoorgestelde daarvan, begeerte is dan om in te asem. As jy inasem en jou asem inhou, verloor jy jou asem, maar as jy uitasem kom jou asem terug na jou toe(Jy asem weer in)

Die beginsel is indien jy wil lewe moet nie daaraan vasklou nie, laat dit gaan.

Die probleem is as ek begeer om nie te begeer nie, is dit nie alreeds begeerte nie?

Hoe kan ek begeer om nie te begeer nie?

Hoe kan ek myself oorgee as my self 'n begeerte is om vas te klou. Om te klou aan die lewe om te kan oorleef (oorlewings drang).

Ek kan rationeel sien dat deur aan my self vas te klou en myself sal verwurg.

Ek kan wees soos 'n persoon wat 'n slegte gewoonte(verslawing) het, wat die gevolg het dat hy selfmoord pleeg. Hy weet dit maar kan dit nie opgee nie, want diepad wat na die dood ly is so soet(gewoonte, verslaafd)

Dit kon alles saam tot die volgende basiese vraag. As die menslike wesens vir 'n lang lang tyd besorg was om hul denke te verander, is daar enige manier om die menselike denke te verander of is dit slegs 'n proses wat in 'n (vissios)sirkel draai.

Ek kan vra , hoekom het jy hiernatoe gekom vanmiddag? Wat soek jy voor? Sal dit voor op die wa(presumptious) wees van my om te sê dat jy op soek is na hulp, dat jy hoop dat jy sal hoor dat iemand iets te sê het wat van waarde en relavant sal wees tot julle as lede van 'n wêreld wat besig is om die die uiterste moeilikheid te kom. 'n Wêreld wat beset is deur 'n groot hoeveelheid probleme, waarvan enige een reeds genoeg is, en wanneer jy die probleme saamvat al die politieke, sosiale ekologiese probleme is hierdie probleme aaklig, verskriklik en 'n natuurlike reaksie is om te sê dat die rede hoekom ons in so 'n gemors is is nie net dat ons verkeerde stelsels het om dinge te doen nie of dit nou tegnologies , polities of geloof is nie maar ons het die verkeerde mense. Die setelsels mag reg wees maar dit is in die verkeerde hande omdat ons almal op verkeie maniere ons selfsug bevredig(self seeking)

Met 'n tekort in wysheid en moed(courage), bang vir die dood, bang vir pyn, onwillig om saam met ander saam te werk, onwillig om oop te wees met ander ons almal dink dit is ek wat verkeerd is en as ek tog net die regte persoon kon wees.6:39