Genesis

Die skeppings verhaal en ongehoorsaamheid

Plasing Hennie on August 11, 2016

Genesis

Volgens die bybel was die eerste mens op die aarde genoem Adam en sy Vrou Eva

Die werklike betekenis daarvan is natuurlik die geslag van Manlik en Vroulik en nie die naam van 'n man of vrou nie

Volgende is die man en vrou nou in die Paradys 'n gebied wat lê in Irak tussen 4 riviere

Dan kom die slang (duiwel) in die toneel en verly vir Eva sodat sy van die vrug eet wat haar KENNIS gee. Kennis van goed en kwaad, het sy dan nie voor die tyd geweet van reg en verkeerd nie

Sy verlei vir Adam sodat hy ook van hierdie vrug vann die boom eet en dan is God paniekerig en se Hy dat die mens nou soos een van ons geword het en dat ons nou moet keer dat die mens van die boom van die lewe eet, anders gaan die mens vir ewig lewe

Tot op hierdie stadium kon die mens van die boom van die lewe geeet het maar noudat hy/sy van die boom van Kennis van Goed en kwaad ( klink vir my soos reg en verkeerd, wat die mens nou geleer het )geeet het is daar 'n probleem as hy/sy van die boom van die lewe eet.

Wat het verander.

God moet nou keer dat die mens nie vir ewig lewe nie. Wat sal maak dat 'n mens onsterflik sal wees? Die antwoord is voor die hand liggend. Die DNA van die mens het 'n stertjie wat elke jaar korter word en wanneer die nie meer daar is nie sterf 'n mens.

My afleiding van hierdie vers is dat DIE SLANG "duiwel" betrokke was met die genetiese manupulering van Eva se DNA en daarna die van Adam.

Maar nou weereens wie was hierdie slang wat die mens se DNA "verbeter" sodat die mens meerinteligent is. Is hierdie slang dalk 'n verkorte weergawe van (Mardoek) wat een van die goeie "gode"(alien) was.

In die Maya geloof was die geveerde slang Quetzalcoatl  die goeie god.

Michael Tellinger in sy boek Slave Species of the Gods verduidelik hoe daar in die verskillende vastelande , verskillende gode was. Hierdie gode het die vermoë gehad om te vlieg en het dan ook vereis dat die mense aan hulle moes kos voorsien. Hulle het ook seksuele omgang met die mens gehad

Gensis 6:4 Daar was reuse op die aarde wat genoem word die seuns van God wat kinders by die vrouens gehad het. Hierdie kinders het magtige mans geword en berug of beroemd ook.

In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
Die boom van die lewe se betekenis .Kan maklik wees die skepping en sy takke