Jesus

Die man, profeet en leermeester?

Plasing Hennie on August 14, 2016

Jesus

Die verhaal van Jesus vertel van 'n seun wat van die ouderdom van 12 tot 30 verdwyn uit die geskiedenis van die nuwe testament. Oor hierdie tydperk van sy lewe is daar baie bespiegelings

  • Sommige sê dat hy in Tibet of êrens onder die oosterse invloed was waar hy gestudeer het.
  • As mens na sy filosofie oplet is dit 'n verhaal van liefde. Mens moet versigtig wees vir die invloed van die vertalers en dogma van die Kerk .

  • Daar is baie aanduidings dat Jesus betrokke kon gewees met die Essene wat by Quamram geleef het.
  • Sy missie is een wat verdraagsaamheid sonder oordeel voorstel

    Hy praat van 'n koningkryk waar jy nie dors sal wees nie as gevolg van lewende water

    Budda wat 500 jr voor hom geleef het was ook op soek na Nirvana wat 'n plek op die aarde moet wees.

    Mense hoop dat jy moet lewe vir die lewe(hiernamaals) wat hierna gaan begin , maar dalk is die hele idee om die koningkryk van die Hemel hier op aarde te vind.

    Jesus se jy moet nie die splinter uit jou broer se oog verwyder voordat jy nie die balk uit jou eie oog verwyder het nie

    Hy verduidelik en motiveer ons om nie ander te oordeel nie.

    Hy verduidelik ook dat jy jou wang moet draai as iemand jou slaan op jou wang, verder se hy dat jy die ekstra afstand saam met iemand moet loop.

    Sy hele verhaal is een van vrede en naaste liefde. Nie ssos die verhaal van die ou testament wat gaan oor 'n oog vir 'n oog nie.

    Hieruit blyk dit vir my dat die beginsels van die ou testament nie ooreenstem met die van die nuwe testament nie.

    Barbara Thiering 'n professor in Teologie se dat Jesus in opstand gekom het teen Herodus en dat hy as politieke gevangene gekruisig was op Quamran en nie op Golgota nie. Sy reken ook dat hy die gesterf het nie maar dat Mattheus wat 'n dokter was seker gemaak het dat hy gif gedrink het op die kruis wat veroorsaak het dat hy binne 4 ure in 'n koma in gegaan het. Sy reken dat Mattheus hom gered het met alwyn water wat die gif uit sy liggaam gehaal het. Sy het hierdie inligting gekry vauit die geskrifte wat sy die pesher noem.

    Sy latere gesperk dan met die disipels is nadat hy weer gesond was.

    'n Rus het 'n boek geskryf oor 'n Joodse seun wat op ooderdom 12 by 'n buddiste klooster aangekom het en daar gebly en geleer het tot op ouderdom 30. Dieselfde man het weer 'n paar jaar later terug gekom en daar gesterf op ouderdon 75.