Uitstel

Wat is dit wat maak dat 'n mens uitstel om dinge te doen

Plasing Hennie on Augustus 30, 2016

Uitstel( Procratination)

Wat is dit in 'n mens se sige wat veroorsaak dat jy uitstel om dinge te doen tot op die laaste oomblik?

'n Interresante video op youtube verduidelik hierdie venoom in die mens.

    Die mens doen alles vir 'n doel.
  • Ons eet omdat ons honger is
  • Ons slaap omdat ons on energie moet vervang
  • Ons dra by tot die aremes omdat dit ons goed laat voel .
  • Maar daar is 'n derde mag betrokke wat nie so opmerklik is nie en dit is Motivering.

    Om te eet terwyl die kos voor jou is is maklik, maar wat van as jy eers 'n klomp dinge moes doen voordat jy kon eet.

    Maw as die taak wat jy moet verrig ver in die toekoms le is die motivering om dadelik te begin te min.

    Maar daar is n paar maniere om jouself te motiveer.

    1. 1. Beloon jouself
    2. Wanneer jy iets wil he kom die motivering van nerens af sodat ons oorgaan na aksie. Deur 'n beloning by te voeg, voeg jy ekstra motivering by.

    3. 2. Breek die groot taak af in kleiner deeltjies
    4. Byvoorbeeld jy moet 'n tafel en stoele bou . Begin met 'n stoel en wanneer dit klaar is beloon jouself daarvoor. Vat dan die volgende stoel en beloon jouself waneer dit voltooi is. So breek jy dan die taak af in verskillende klein takkies.

    5. 3. Meet jou vordering in tyd gespandeer.
    6. Meet altyd jou vordering in tyd gespandeer en nie hoe ver die projek is nie. So as jy die tafel en stoele moet bou. Meet jou vordering in tyd. Bepaal hoeveel tyd jy aan die taak gaan spandeer, se maar 45 minute en stel jou stop horlosie vir 45 minute. Daarna kan jy ophou totdat jy weer 'n tyd bepaal het om voort te gaan met die projek.

      Dit neem die druk van jou af om resultate te produseer .

      As jy maandelikse doelwitte stel moet assblief nie jou doelwitte uitskryf in die vorm van tyd nie. Doelwitstelling en Uitstel optredes is totaal verskillend. Doelwitte moet spesifiek wees en die items moet gelys word.

      Hoop hierdie artikel kan jou lewe so stukkie op 'n slag verander.